Vrou laat kêrel se eks glo hy is dood

Deel hierdie storie / Share this story

Wat is volgens jou die perfekte manier om wraak te neem as jy uitvind jou ander helfte verneuk jou? Een vrou het besluit om wraak te neem en haar kêrel (nou eks-kêrel) se eks-meisie te laat glo hy is dood nadat sy uitgevind het die twee het ’n affair gehad.

Thea Loveridge het onlangs ’n skrikwekkende verhaal gedeel van hoe sy haar kêrel se begrafnis versin het sodat sy sy eks-meisie kon laat glo hy is dood.

LEES OOK: Sjokoladeklapperballetjies – resep

Affair kom uit

Sy verduidelik sy het aan die idee, wat deur internetgebruikers as boosaardig beskryf word, gekom toe sy uitvind haar kêrel is besig om haar met sy eks-meisie te verneuk. Dit terwyl sy swanger was met die paartjie se eerste baba.

“Ek het die verhouding ontdek toe my kêrel tronk toe is weens ’n aanrandingsaak. Sy eks-meisie het bly boodskappe na sy selfoon toe stuur om te hoor waar hy is. Dit was duidelik uit die boodskappe dat hulle twee al ’n geruime tyd ’n affair gehad het.

“Ek het kwaad geraak en vir haar ’n boodskap gestuur wat sê hy is dood.”

Van sy dood tot sy begrafnis

“Dit het so ver gegaan dat ek sy suster betrokke gekry het en ons sy begrafnis versin het.

Die vrou het toe hartverskeurende boodskappe op haar sosiale media begin plaas oor die verlies van die “liefde van haar lewe.”

“Ek het haar net nooit die waarheid vertel nie. Sy het baie lank daarna nog huldeblyke aan hom op haar sosiale media gaanebring.”

Loveridge vertel sy het met haar kêrel uitgemaak en weet steeds nie of die eks-meisie dink hy is nog dood nie.

LEES OOK: 10 jaar gelede: grusame Welkom-moord