Oreo-liefhebbers, ontmoet jou nuwe gunstelingnagereg! Dit bevat net vier bestanddele en is vinnig-vinnig klaar.
LEES OOK: Vrou laat kêrel se eks glo hy is dood
Bestanddele:
- 1 pakkie Oreo-koekies
- 1 bakkie roomkaas, versag
- knippie sout
- 1 groot sjokolade, gesmelt
Metode:
- Voeg alles behalwe twee eetlepels fyngemaakte koekies in ’n medium bak. Voeg roomkaas en sout by en meng tot egalig.
- Voer ’n bakplaat met bakpapier uit. Vorm die mengsel in klein balletjies met ’n klein lepeltjie en skep dit op die voorbereide bakplaat.
- Vries ongeveer 30 minute tot effens verhard.
- Doop gevriesde balle in gesmelte sjokolade tot heeltemal bedek en sit terug op die bakplaat. Sprinkel die oorblywende koekiekrummels oor. Vries tot sjokolade hard is, ongeveer 15 minute.
Hierdie Oreo-balle kan tot en met een week in die yskas gehou word.
LEES OOK: Ware verhaal van ’n vreemde verdwyning



