Nuutste Covid-19-syfers in SA

Deel hierdie storie / Share this story

Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand die nuutste Covid-19-syfers in SA bekendgemaak.

Altesaam 1 621 362 mense in SA het nou reeds Covid-19 opgedoen. In die laaste 24 uur het nog 3 522 persone positief getoets vir die virus.

Lees ook: Iemand in jou gesin toets positief, hoe nou gemaak?

Mkhize het ook in sy verklaring aangekondig nog 167 mense het gesterf weens Covid-19. Die dodetal staan nou op 55 507.

Daar is ook 1 528 868 persone wat van die virus genees is.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wie die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.