7de Laan-kykers ontsteld na dramatiese episode

Deel hierdie storie / Share this story

Toegewyde 7de Laan-kykers was glad nie beïndruk met Maandagaand se episode, waarin kykers laat glo is Gabriel, Bonita se baba, is doodgeskiet, nie.

Kykers was Maandagaand geskok met die dramtiese episode waarin ‘n kind met ‘n onwettige vuurwapen haar boetie doodgeskiet het. Net om die aand daarna uit te vind dit was iets wat Vanessa gedink het sou gebeur.

”Dit is siek man. Dis walglik om 7 de Laan deesdae te kyk. Glad nie meer familie entertainment nie,” skryf een aanhanger op 7de Laan se Facebook-blad.

”Ek is teleurgesteld in die episode. Ek kon nie eers die episode klaar kyk nie,” lui nog ‘n kommentaar.

Baie aanhangers het ook gevoel daar is kykers wat in werklikheid kinders verloor het en die episode het onnodig ou wonde oopgekrap.

Kyk jy nog 7de Laan? Hoe voel jy oor die afgelope paar aande se epsiodes?