BLOEMFONTEIN. – Die polisie het, sedert die protesaksie Sondagaand begin het, 70 mense in hegtenis geneem nadat verskeie winkels beskadig is.
Baie van die besighede in Bloemfontein het vandag besluit om ook gesluit te bly. Daar was sprake van betogers by Binnelandse Sake en mense is aangeraai om die area te vermy.
Die Bultfontein-pad is steeds gesluit as gevolg van protesaksie wat daar plaasvind. Daar word ook beweer betogers beweeg in die middestad en Hilton-area rond.
LEES OOK: KYK: leerling steek meisie se hare in klaskamer aan die brand
LEES OOK: Kim Croeser – Sy het heelaand daar gelê
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



