Diereverkenners: Tobie die diepseeduiker

Deel hierdie storie / Share this story

Outeur: Sharon Rentta

Vertaler: Jaco Jacobs

Tobie is ’n tier wat graag duik. Hy wil graag weet wat onder in die diepste dieptes bly – die gitswart bodem van die oseaan waar geen tier nog ooit was nie. Sy ma gee vir hom sy eie skubaduiktoerusting waarmee hy die koraalrif daar naby verken. Hy is gek oor al die interessante dinge wat hy sien, maar hy bly droom om eendag dieper en dieper te duik. Dan raadpleeg Tobie ’n buffel wat enige iets kan maak uit rommel wat mense weggooi. Saam bou hulle iets wat Tobie se droom waar sal help maak.

Hierdie pragtige volkleurboek van 32 bladsye is geskik vir kinders vyf jaar en ouer. Die storie leer hulle van waagmoed en deursettingsvermoë en dat drome wel waar kan word indien hul daarvoor werk. Tobie die diepseeduiker volg op Lola en die singende orgidee in the opwindende Diereverkennersreeks. Die lesertjie verken saam met Tobie die fassinerende wêreld onder die see en beleef ’n pretbelaaide avontuur. Aan die einde van die boek is ’n kort les oor hoe gevaarlik dit is om afvalgoed soos ou visnette en plastieksakke weg te gooi waar dit in die see kan beland. Daar is ook spesiale vermeldings van beroemde oseaanverkenners soos Jacques Cousteau en Sylvia Earle en die baanbreker-bioloog Ernest Everett Just.

Sharon Rentta het’n BA (Hons) in grafiese ontwerp en ’n MA in kinderboekillustrasie. Sy woon in Cambridge waar sy van haar tuisstudio af werk. In 2004 en 2005 ontvang sy die volgende toekenning: Hoogsaangeskrewe – Die Macmillan-prys vir kinderboekillustrasies. In 2013 wen sy die Heinrich Wolgast-prys vir A Day with the Animal Doctors.

Die bekroonde skrywer en vertaler, Jaco Jacobs, het die boek in Afrikaans vertaal. Hy het in 2009 vir sy vertaling van Chris Riddel se Ottoline and the yellow cat as Willemien en die geel kat die Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut se prys vir die vertaling van kinderboeke en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur ontvang.

LAPA Uitgewers publiseer Tobie die diepseeduiker.

Tobie die diepseeduiker kan hier bestel word. Dit is ook by ander toonaangewende boekhandelaars beskikbaar.