SUID-AFRIKA. – ‘n Totaal van 478 733 Suid-Afrikaners is reeds teen Covid-19 ingeënt. Só het die departement van gesondheid teen Sondagaand aangekondig.
Die Sisonke-program, wat nou voltooi is, het in totaal 500 000 dosisse van die entstof ontvang.
“Dié dosisse sal nie gebruik word vir fase twee of fase drie nie,” sê dié departement. “Die dosisse sal deur die mediese navorsingsraad gebruik word om belangrike navorsing te doen sodat beter verstaan kan word hoe die entstowwe werk vir groepe, soos mense wat HIV het, atlete, swanger vroue en ander spesiale groepe.”
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wie die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



