Genadedood – Reg of weg?

Deel hierdie storie / Share this story

Die term genadedood beteken die pynlose dood van ‘n pasiënt wat ly aan ‘n ongeneeslike en pynlike siekte of in ‘n onomkeerbare koma verkeer.

FiND iT het ons lesers gevra of hulle sou verkies dat genadedood wettig gemaak moet word in SA.

Baie van FiND iT se lesers het gevoel dat genadedood gewettig moet word, maar net so baie voel dit is net God se besluit wanneer dit jou tyd is.

Van die lesers het gevoel dat genadedood toegestaan kan word, mits die persoon dit op skrif versoek en ‘n geldige mediese rede het, waarvoor ‘n dokter moet toestemming gee.

Ander lesers het gevoel dat dit dieselfde is as moord en selfdood.

LEES OOK: Bruid vervals kanker om vir droomtroue te betaal

Nederland laat genadedood toe

Nederland laat kinders van 12 tot 16 toe om genadedood toe te pas, met die toestemming van ‘n ouer en as ‘n dokter instem dat hulle lyding ondraaglik is en waarskynlik sal voortduur. Dit is deesdae nie net mense met ongeneeslike en pynlike siektes wat aansoek doen vir genadedood nie, maar ook depressielyers, mense met eetsteurnisse en ander geestestoestande. ‘n Wêreldwye debat het oor die onderwerp begin nadat ‘n 17-jarige tiener in Nederland aansoek gedoen het om genadedood. Sy het haar aansoek regverdig omdat sy as 11-jarige seksueel aangerand is en op 14 verkrag is. Sy het ook PDSD (post traumatic stress disorder) gehad en aan anoreksie gely. Haar aansoek is afgekeur , maar sy is nogsteeds op 3 Junie 2019 in haar huis dood nadat sy ophou eet en drink het.

Hoe voel jy oor genadedood?

LEES OOK: Polisie glo nie verantwoordelik vir baba se dood