August 5, 2021

Ma kan nie 9-jarige dogter verdra nie

“Dit is nie dat ek nie lief is vir haar nie, ek is lief vir haar en sal altyd wees.”

Ma kan nie 9-jarige dogter verdra nie

Ma kan nie 9-jarige dogter verdra nie

’n Ma het onlangs erken sy kan nie haar negejarige dogter verdra nie en probeer haar ten alle koste vermy. Die ma het oopgemaak oor die verhouding wat sy met haar oudste dogter het en hoe sy hoop dat haar dogter sal verander as sy groot is.

LEES OOK: Bruid vervals kanker om vir droomtroue te betaal

Lief vir haar

“Dit is nie dat ek nie lief is vir haar nie, ek is lief vir haar en sal altyd wees,” het die ma anoniem aan Mirror gesê.

“Daar is ‘n verskil tussen my liefde en my afkeer. Ons persoonlikhede bots 95% van die tyd.”

Persoonlikheid is die probleem

“Dit is haar persoonlikheid, wie sy is en hoe sy haar gedra, waarvan ek nie hou nie. Sy is nors, selfsugtig, bratty en skep voortdurend drama. Sy doen dit op skool, tuis, in haar netbalklub en weier om haar foute te erken, daaraan te werk, of te luister waarom sy iemand ontstel het.”

“Ten spyte van haar houding, het sy baie vriende en kom sy ook goed met haar broers en susters oor die weg.”

Pa vat die leisels

Maar wanneer die ma haar dogter verantwoordelik hou vir haar optrede, raak sy gefrustreerd en vind sy dat sy haar dogter eerder ten alle koste vermy.

As gevolg hiervan neem haar man nou die ouerskapleiding met hulle oudste dogter.

Hy neem haar na haar sportbyeenkomste, na enige partytjies toe, help met huiswerk en enigiets anders, terwyl die ma terugstaan.

LEES OOK: Polisie glo nie verantwoordelik vir baba se dood

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *