FiND iT instandhouding vanaand

Deel hierdie storie / Share this story

FiND iT se tegnikuste doen instandhoudingswerk vanaand, wat die stroming van die webtuiste kan beïnvloed. As jy enige probleme met FiND iT tussen 19:00 en 23:00 ondervind, mag dit as gevolg van instandhoudingswerk wees.

Jana Grobbelaar, redakteur, sê die instandhoudingswerk is deel van die skuif na ‘n groter platform. “Ons moet ons dienste opgradeer om in die aanvraag van ons lesers te voorsien. Elke maand haal ons 1 miljoen bladlese en meer. Dié maand het ons teen 10 Mei reeds ‘n miljoen besoeke gehad. Ons gaan dus nog groter!”

Grobbelaar vra dat lesers asb. geduld sal hê met die opgradering, sou jou dienste tussen 19:00 en 23:00 probleme ondervind.