WITBANK. – Die 4-jarige Micha-El Adriaan Muller is as vermis aangemeld na hy die naweek by sy pa deurgebring het.
Volgens Pixie Pink is Anna-Marie, sy ma, histeries oor haar seun nog nie aan haar terugbesorg is ná sy naweekkuier by sy pa nie.
Sy moes haar seun op 25 April by sy pa gekry het.
Lees ook: Eienaar aangekla ná hy glo hond se pootvel met kookwater afbrand
Daar word na Micha-El gesoek in die Witbank-omgewing en die voertuig waarin hy na verwagting kan wees, se registrasienommet is HB44HTGP.
Indien jy weet waar Micha-El is of hom iewers gewaar het, kontak die laaste SAPD-kantoor of vir Tinky by 063 440 3838.
Lees ook: Maddie se ouers nog hoopvol na 14 jaar



