Bill en Melinda Gates skei na 27 jaar

“Gee asseblief vir ons gesin ruimte.”

Gee asseblief vir ons ruimte en privaatheid vir ons gesin wanneer ons hierdie nuwe lewe begin navigeer."

Gee asseblief vir ons ruimte en privaatheid vir ons gesin wanneer ons hierdie nuwe lewe begin navigeer." (Foto: BBC)

AMERIKA.- Bill Gates (65) die Amerikaanse sakemagnaat, sagteware-ontwikkelaar, belegger, skrywer en filantroop, wat ook die medestigter van Microsoft Corporation is, en sy vrou, Melinda Gates (56) het aangekondig dat hulle na 27 jaar gaan skei. “Ons glo nie meer dat ons as paartjie saam kan groei nie.”

Volgens BBC het die twee ontmoet toe Melinda by Bill se Microsoft-firma aangesluit het. Die paartjie besit saam die Bill en Melinda Gates-organisasie. Hierdie organisasie het reeds miljarde bestee aan sake soos die bestryding van aansteeklike siektes en die aanmoediging van inentings vir kinders.

Volgens Forbes is Bill Gates die vierde rykste persoon ter wêreld en is hy $124 miljard werd.

Bill en Melinda Gates kondig nuus op Twitter aan

“Gedurende die afgelope 27 jaar het ons drie ongelooflike kinders grootgemaak. Ons het ‘n organisasie gebou wat regoor die wêreld werk om alle mense in staat te stel om gesonde, produktiewe lewens te lei.”

“Ons hou aan om in daardie missie te glo en sal voortgaan met ons werk by die stigting, maar ons glo nie meer dat ons as ‘n paartjie in die volgende fase van ons lewe saam kan groei nie. Gee asseblief vir ons gesin ruimte en privaatheid wanneer ons hierdie nuwe lewe begin navigeer.”

Lees ook: Warrenton: twee weke sonder water

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: