Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het Sondagaand die nuutste Covid-19-syfers in Suid-Afrika bekendgemaak.
Altesaam 1 575 471 mense in SA het nou reeds Covid-19 opgedoen. In die laaste 24 uur het nog 1 101 persone positief getoets.
Mkhize het ook in sy verklaring aangekondig nog 23 mense het gesterf weens Covid-19. Die dodetal staan nou op 54 148.
Daar is ook 1 501 185 persone wat van die virus genees is.



