Ongeïdentifiseerde liggaam van vrou in gastehuis gevind

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT. – Die polisie vra die gemeenskap se hulp om die ongeïdentifiseerde vrou wie se liggaam in ‘n gastehuis in Bloemfontein dood gevind is, te identifiseer.

“Die Afrika-vrou is ongeveer 39 jaar oud. Sy het Donderdag alleen by die gastehuis aangekom om te rus. By navraag het sy glo die gastehuispersoneel meegedeel dat sy van Kroonstad is en op pad is na ‘n begrafnis in die Oos-Kaap saam met ander mense,” sê Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder.

Ongeïdentifiseerde liggaam met geen vorm van identiteit nie

Die oorledene het geen vorm van identiteit by haar gehad nie en ook geen bagasie nie. Sy het ‘n pienk rok met blomme aangehad.

“Vrydag omstreeks 10:00 het die skoonmaakpersoneel by haar gehuurde kamer aangeklop en ontdek dat iets verkeerd was. Die polisie en nooddienste is na die toneel ontbied en sy is op die toneel dood verklaar. Omstandighede wat gelei het tot haar heengaan word nog ondersoek en sal ná die nadoodse ondersoek duidelik wees,” sê Makhele.

‘n Saak is geopen en word ondersoek. Die polisie in Parkweg doen ‘n beroep op enigeen wat die vrou ken of inligting het, om sers. Diphapang Seale by 083 950 1672 of 08600 10111 te kontak.

LEES OOK: KYK – Stapper probeer wegkom van vuur op Tafelberg

LEES OOK: MJ is blind, kan nie self sluk nie en kry buisvoeding

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.