Foto’s – Boere Droogtehulp SA dankbaar na Kimberliete se skenkings

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Kimberliete het die naweek hulle harte oopgemaak en altesaam 1 800 liter diesel vir Boere Droogtehulp SA ingesamel.

https://www.facebook.com/riaan.botha.98096/videos/848753956077026/

Boere Droogtehulp SA het Saterdagoggend by die Pumba-vulstasie langs die N8 gestaan waar mense hulle kon ondersteun deur worsrolletjies te koop of om ‘n kannetjie diesel te skenk. Volgens die organiseerders van die dag was dit ‘n “gatskop dag”. Kimberley het sover die meeste skenkings teenoor Klerksdorp, Potchestroom en Vanderbyijlpark, aan Boere Droogtehulp SA gemaak.

Die organisasie beplan om weer 7 Mei met hul vragmotors voer by behoeftige boere te gaan aflaai.

https://www.facebook.com/jan.lotz.90/posts/5347494271958843

LEES OOK: MJ is blind, kan nie self sluk nie en kry buisvoeding

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.