Maak seker jy het die perfekte bra

Vrouens het dikwels probleme met bra’s wat veronderstel is om hulle te pas.

Die regte bra sal gemaklik aan jou sit terwyl dit jou genoegsame ondersteuning gee.

Die regte bra sal gemaklik aan jou sit terwyl dit jou genoegsame ondersteuning gee. (Foto: Real Simple)

‘n Bra speel ‘n baie groot rol in ‘n vrou se lewe. Die regte bra sal gemaklik aan jou sit terwyl dit jou genoegsame ondersteuning gee en jou voorkoms verbeter. Vrouens het dikwels probleme met bra’s wat veronderstel is om hulle te pas, maar dan is die band om die lyf te styf of dit lig nie op waar dit moet lig nie. Hier is wenke om die perfekte grootte bra vir jou liggaam te kry.

Wat pla jou?

Volgens Cosmopolitan is dit belangrik om te weet wanneer ‘n bra nie die perfekte grootte vir jou is nie. Let deur die loop van jou dag op na wat van jou bra jou pla. Krap die agterkant van jou bra jou rug? Sit die bra te styf? Knel die drade jou? Val jou bande heeltyd af? Is die keëls te min of te veel gestop? Sit die bra agter bo teen jou rug, maar jou borste hang?

Doen die wit T-hemp-toets. Om seker te maak jou bra is die perfekte grootte, trek ‘n stywerige wit T-hemp bo-oor jou bra aan. Kyk of jy die rand van jou bra voor kan sien of is jou bra oorvol is en jy peul bo uit? As jou bra-bande duidelike lyne deur die materiaal van die T-hemp wys, is jou bra nie die perfekte grootte nie.

Maak seker van die regte grootte

Volgens CNA Lifestyle moet jy die volgende doen om seker te maak jou bra is die perfekte grootte:

Wanneer jy jou bra aan het, buig vooroor. Jou borste moet die hele keël van die bra vul. Staan dan weer regop en verstel die bra se bandjies. Maak seker jy is steeds gemaklik met die bra. As die bra steeds reg voel vir jou, is dit die regte grootte.

Wanneer jy jou bra aan het, let op na die boonste kante van jou bra. As daar ‘n spasie tussen die bra en jou borste is, moet jy ‘n kleiner grootte keël kry. As die bra oorloop en jou bors peul bo uit, moet jy definitief kyk na ‘n groter keëlgrootte.

Die drade onder jou bra moet ook perfek sit. Dit moenie te styf wees nie, maar moet ook nie oplig nie. As dit gebeur, moet jy kyk na ‘n kleiner grootte, maar dalk net ‘n groter keël. Die band wat om jou lyf gaan, is heel moontlik te groot of te klein.

Maak altyd seker jy stel die bandjies van die bra tot die perfekte grootte net reg vir jou. Dit moenie los sit en elke kort-kort afval nie. Dit moet ook nie styf sit en duidelike lyne onder jou hemp maak nie.

Bragroottes verskil

Onthou jou bragrootte gaan nie altyd dieselfde bly nie. Daar is baie faktore wat dit beïnvloed, soos gewigstoename of -verlies. As jy swanger is of borsvoed, verander jou borste en bragrootte ook. Nie alle maatskappye maak bra’s in presies dieselfde grootte nie. Soek tot jy die perfekte handelsnaam vir jou behoeftes kry.

Lees ook: Agt geniale kombuiswenke

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: