John Travolta deel foto van oorlede seun wat 29ste sou vier

Deel hierdie storie / Share this story

”Baie geluk met jou verjaarsdag my pragtige Jetty. Ek het jou lief,” skryf die bekende akteur, John Travolta (67), op sy Instagram-profiel.

https://www.instagram.com/p/CNn2RtQMeoU/?igshid=1j6tjilrewvw9

Travolta het die inskrywing (inskrywing op John Travolta se Instagram, bo-aan) saam met ‘n wit-en-swart foto van hom en sy seun geskryf. Dit sou Dinsdag Jett se 29ste verjaarsdag gewees het.

Hy is in 2009 op die ouderdom van 16 oorlede. Dit is die eerste verjaarsdag wat Travolta van sy seun vier nadat sy vrou en Jetty se ma, Kelly Preston, in Julie verlede jaar aan borskanker oorlede is.

Die gesin rou nog na Preston se dood en die akteur het ook in Oktober ‘n inskrywing oor haar op haar 58ste verjaardag op Instagram geplaas.

LEES OOK: ‘UFO’ in die lug bo Tableview laat die koppe krap, wat dink jy?

LEES OOK: Ma van die bruidegom ontdek haar skoondogter is haar verlore dogter

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.