#beajourno-wenner ontmoet vir Elvis Blue op wegbreek

Besoek ‘n stukkie hemel op aarde.

#beajourno-wenner ontmoet vir Elvis Blue op wegbreek

#beajourno-wenner ontmoet vir Elvis Blue op wegbreek

Marnette Brewis, die #beajourno-kompetisiewenner en ’n vriendin wat verlede naweek na George gereis het vir hulle naweek-wegbreek, sê hulle het die wegbreek vreeslik geniet.

Die twee het op hulle Tuinroete-toer die geleentheid gehad om die sanger Elvis Blue te ontmoet.

Hulle het met CemAir gevlieg  en met ’n motor van Thrifty gery.  

Hulle het vir vir drie dae en twee nagte by Bly-Uitzicht in Wildernis, wat deur FiND iT geborg is, gebly.

Ontmoet vir Elvis Blue

Hier is wat Marnette oor die uitstappie te sê het:

“Elvis Blue, my brew…

Net toe jy dink die Tuinroete kan nie méér bekoorlik wees nie, maak Jan Adriaan Hoogendyk- beter bekend aan ons as die sanger Elvis Blue, sy eie padstal oop. Nou kyk, ek het lanklaas só tuis gevoel met die eerste intrapslag by ‘n koffiekroeg soos Saterdagoggend by die Elvis Brew Co.-padstal op George. Dit wemel van bedrywigheid- êrens in die agtergrond speel ‘n deuntjie wat jy saam neurie, die barista skerts en lag saam met ‘n kliënt, oom Koos en tannie Saartjie sit op die boonste verdieping en bekyk die mense, fietsryers geniet ‘n koffietjie voor hulle weer in die pad val en daar heers ‘n plaasatmosfeer wat jou na jou ouma se kombuis en kinderdae sal laat verlang. Ek knoop ‘n vinnige geselsie aan met Elvis waar hy op sy skootrekenaar besig is.

Daar is hoop in sy oë wanneer hy praat van die padstal en die genadepad wat hy geloop het tot daar. Sy stille eenvoud gryp my aan en ek besef dat drome, soos myne en joune, gepantser is in genade. Maak nie saak hoe klein nie, droom jou droom. Doen jouself ‘n guns wanneer jy weer in daardie rigting ry en besoek ‘n stukkie hemel op aarde.”

Gaan “like” CemAir se Facebook-blad hier en Thrifty hier.

Kyk hier na die video waar Elvis vir FiND iT groet:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *