Dieremishandeling en wreedheid op Mauritius -‘n hel vir honde

Nie vir sensitiewe kykers nie

MAURITUIS.- Die gewilde wittebrood- en vakansiebestemming se Mauritius Society for Animal Welfare-organisasie word van dieremishandeling en wreedheid beskuldig.akansiebestemming se Mauritius Society for Animal Welfare-organisasie word van dieremishandeling en wreedheid beskuldig.

MAURITUIS.- Die gewilde wittebrood- en vakansiebestemming se Mauritius Society for Animal Welfare-organisasie word van dieremishandeling en wreedheid beskuldig.

*Nie vir sensitiewe kykers nie.*

MAURITUIS.- Die gewilde wittebrood- en vakansiebestemming se Mauritius Society for Animal Welfare-organisasie word van dieremishandeling en wreedheid beskuldig. Die Mauritius Society for Animal Welfare is ‘n regeringsbefondsde organisasie en is die enigste gelisensieerde welsynsentrum in die land.

Volgens The Citizen ontmoedig die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings (NDBV) Suid-Afrikaners om die eiland te besoek weens die herhaalde voorvalle van dieremishandeling en wreedheid by die Mauritius Society for Animal Welfare.

Die NDBV sê hulle het bewyse van die dieremishandeling. Foto’s op die NSPCA se Facebook-blad toon hoe honde aan ander honde, wat reeds dood is, vreet. Nog ‘n ontstellende foto is van ‘n aantal honde in ‘n gebou. Vier honde wat besig is om ‘n ander een te vreet, kan gesien word. Die honde se tande wys asof hulle gereed is om mekaar oor die dooie hond aan te val. Volgens The Citizen was die hond waaraan hulle vreet, besig om van hongerte te sterf.

Nie die inwoners se skuld nie

Daar word beweer dat die Mauritius Society for Animal Welfare nie gereeld vir die honde kos of water gee nie. Daar is glo ook geen veearts vir die diere beskikbaar nie.

Keshvi Nair, skakelbestuurder van die NSPCA, sê: “Ons gee nie die skuld vir die inwoners van Mauritius nie, maar ons spreek ons ​​teleurstelling uit oor die feit dat daar blykbaar baie min gevoel word vir die welsyn van diere deur die Mauritiaanse regering. Die regering sit met die gesag en die mag om daadwerklik ‘n verskil vir hul mense te maak as dit kom by die welsyn van diere – as hulle regtig sou omgee. “

Nair sê Mauritius het in 2015 ‘n “Catch & Kill”-beleid begin om die groot getalle rondloperhonde te probeer verminder.

Die NDBV plaas druk op die regering van Mauritius om sy onmenslike “Catch & Kill“-beleid van hondebestuur te beëindig en te vervang met ‘n National Comprehensive Humane Dog Management Program (NCHDMP).

Die NDBV het die volgende petisie opgestel om die dieremishandeling en wreedheid in Mauritius te beëindig.

Klik hier vir die petisie.

Foto: The citizen
Foto: The Citizen

Lees ook: 91 Jarige man is aangekla vir verkragting van 11-jarige meisie

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: