Duisende kuikens in afgryslike voertuigongeluk wat twee menselewens eis

Twee persone en duisende kuikens het omgekom toe drie vragmotors, ‘n bakkie en motor in ‘n ongeluk betrokke was.

Die NDBV het die besluit geneem om baie van die kuikens 'n genadedood te gee.

Die NDBV het die besluit geneem om baie van die kuikens 'n genadedood te gee. (Foto: NSPCA Facebook)

HEIDELBERG.- ‘n Vragmotor wat 41 500 kuikens vervoer het, het Maandag omgeval nadat dit uitgeswaai het om ‘n ongeluk tussen vier ander voertuie te vermy. Die NDBV se eenheid vir plaasdierebeskerming is gekontak om tot die kuikens se redding te kom. Die kuikens was net een dag oud.

Volgens ‘n plasing deur die NDBV se Facebook-blad was die vragmotor in ‘n ongeluk waarby twee ander trokke, ‘n bakkie en motor betrokke was. Die vragmotor het die kuikens van ‘n broeiplek in Noordwes na ‘n braaikuikenboerdery in die Vrystaat vervoer.

Duisende kuikens reeds dood

Die NDBV het die besluit geneem om baie van die kuikens ‘n genadedood toe te dien. Met aankoms was baie kuikens reeds dood. Duisende kuikens was vol diesel bemors, terwyl ander die hele snelweg vol gehardloop het. Die NDBV het 21 000 kuikens gekry wat ongedeerd is. Daardie kuikens is op ‘n voertuig gelaai en na die naaste broeiplaas geneem. Die NDBV het die motor wat die kuikens vervoer het, vergesel. Inspekteurs het die aflaai van die kuikens gemonitor. Diereliefhebbers van verskeie dierebeskermingsverenigings het sewe uur lank onverpoosd gewerk om die kuikens te red en dié wat erg beseer was, van kant te maak.

Hulp van oraloor

Die NDBV sê: “Ons sê dankie aan die Heidelberg DBV, Boksburg DBV, Alberton DBV en Brakpan DBV vir hul hulp om die lyding van die kuikens te beëindig. Ons waardeer ook die hulp van die SAPD en verkeersdepartement. Hulle het die toneel beveilig om te verseker dat ons veilig en ongehinderd na die kuikens kan omsien.”

Twee persone dood

“Ons betuig ook medelye met die families van die twee individue wat ongelukkig hul lewens verloor het as gevolg van hierdie ongeluk.”

Foto: NSPCA
Foto: SPCA

Lees ook: Wasgoedwenke: Kyk hierna om dié huistaak te vergemaklik(Opens in a new browser tab)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: