April 18, 2021

Wasgoedwenke: Kyk hierna om dié huistaak te vergemaklik

Sodra jy die hele prosses van was, ophang of tuimeldroog, stryk, opvou, en wegpak klaar het, is die mandjie maar weer vol. Dan moet jy van voor af met die wasgoed begin. Dit is 'n onophoudelike siklus.

Sodra jy die hele prosses van was, ophang of tuimeldroog, stryk, opvou, en wegpak klaar het, is die mandjie maar weer vol. Dan moet jy van voor af met die wasgoed begin. Dit is 'n onophoudelike siklus. (Foto: Fresh luandry)

Een van die huishoudelike take wat vrouens weekliks in die oë staar is die wasgoedmandjie wat oorloop. Sodra jy die hele prosses van was, ophang of tuimeldroog, stryk, opvou, en wegpak klaar het, is die mandjie maar weer vol. Dan moet jy van voor af met die wasgoed begin. Dit is ‘n onophoudelike siklus. Hier is ‘n paar wenke om die siklus vir jouself te vergemaklik vir die beste resultate.

Showbizz Cheatsheet gee die volgende wenke vir wasgoed was:

• Gooi al die vuil sokkies in ‘n kussingsloop of ‘n materiaalsak waarin jy dit kan was. Sodoende is die opvou baie makliker en jy hoef nie na verlore sokkies te soek nie.

• Was ook jou onderklere in ‘n materiaalsak om seker se maak jy beskerm dit. Veral vir bra’s. Dit verhoed ook dat die bra se knippies nie ander klere haak en skeur tydens die was nie.

• Het jy per ongeluk jou gunstelingtrui laat krimp in die tuimeldroër? Moenie hoop verloor nie. Om materiaal te “ontkrimp”, vul ‘n wasbak met louwarm water en voeg ‘n proppie babasjampoe of gewone opknapper by (wolitems benodig dalk meer sjampoe). Laat die voorwerp tien minute week en laat die water uitloop. Druk dan die kledingstuk om oortollige water te verwyder. Plaas ‘n handdoek op ‘n plat oppervlak en sit die kledingstuk daarop. Rol die handdoek op om nog meer water te absorbeer. Wring die water saggies uit terwyl die trui nog klam is en lê dit kledingstuk plat neer om droog te word.

• Gooi babapoeier op oliekolle en laat oornag lê. Die babapoeier sal die olie absorbeer.

• Plaas ‘n droë handdoek saam met wasgoed in die tuimeldroër as jy haastig is. Dit sal help om die klere vinniger droog te maak.

• Sit ‘n tennisbal of twee saam met jou lakens en handdoeke in die tuimeldroër. Die beweging van die balle maak die handdoeke en lakens sag.

• Kry mandjies wat met kleure gemerk is sodat jy nie nodig het om jou wasgoed elke keer volgens kleure te sorteer nie.

Lees ook: Eetbare klei, verf en glitter vir jou kind se paaseiers

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: