Die petrolprys sal eerskomende Dinsdagaand om middernag styg, terwyl baie Suid-Afrikaners reeds diep in hul sakke moet grawe ná die impak van Covid-19.
Volgens ENCA sal loodvrye petrol met R1 per liter styg. Die swak rand teenoor die dollar kry die skuld vir die styging in pryse. Verder het die boot wat die Suezkanaal verstop het die pryse van ru-olie wêreldwyd beïnvloed.
Lees ook: Roemeniese doop veroorsaak dood van ses maande oue baba



