April 17, 2021

59 Gesonde blouape glo deur Ezemvelo Wildlife KZN uitgesit

'n Bekenede diere redding en rehabliteurder operateur, Tracy Rowles, het die Ezemvelo Wildlife KZN hof te gevat toe hulle na beweering 59 vervet ape uit haar sorg verwyder en vermoor het.

DURBAN.- Tracy Rowles, bekende redder en rehabliteerder van diere, het die Ezemvelo Wildlife KZN hof toe gevat. Hulle het na bewering 59 blouape uit haar sorg verwyder en laat uitsit. (Foto: IOL)

DURBAN.- Tracy Rowles, bekende redder en rehabliteerder van diere, het die Ezemvelo Wildlife KZN hof toe gevat. Hulle het na bewering 59 blouape uit haar sorg verwyder en laat uitsit.

Volgens IOL besit Rowles die Umsizi Umkomaas Vervet Rescue Centre en staan bekend as die “Monkey Lady”. Sy sê Ezemvelo het haar perseel sonder toestemming betree en haar blouape sonder enige wettige magtiging verwyder. Sy sê die Ezemvelo-span was wreed en aggressief toe hulle haar diere verwyder het. Haar ape was glo baie ontsteld.

Ezemvelo hou vol die verwydering van die blouape is in ooreenstemming met die wet. Volgens hulle is die ape in ‘n “onwettige” fasiliteit aangehou wat nie die nodige permit gehad het nie. Dit is glo ‘n ou probleem.

Rowles, verteenwoordig deur adv. Tashya Giyapersad, het haar pogings en uitdagings om die vereiste permit vir Umsizi te bekom, in die dringende hofaansoek wat deur die hooggeregshof in Pietermaritzburg behartig is, uiteengesit.

Ezemvelo, die LUR vir ekonomiese ontwikkeling, toerisme en omgewingsake, die DBV (Amanzimtoti), KZN se premier en die eThekwini-munisipaliteit was die respondente.

Lees ook: Nadine kry selfportret

Umsizi help blouape

Rowles sê die Umsizi Umkomaas Vervet Rescue Centre red en rehabliteer blouape. Sy het in November 2018 ‘n permitaansoek by Ezemvelo gedoen en twee maande later weer. Ontvangs is deur ‘n amptenaar van Ezemvelo erken, wat haar terugvoer belowe het. Sy sê sy het tot op hede nog geen terugvoer ontvang nie.

Owerhede vanaf die SPCA, Ezemvelo en eThokwine het Umsizi twee maande gelede besoek en het Rowles 21 dae gegee om die 117 ape van die fasiliteit af te verwyder. Dit is omdat sy na bewering Artikel 80 (1) van die Natuurbewaringsordonnansie 15 van 1974, wat verband hou met die beslaglegging en vang van onwettig aangehoude diere, oortree het.

‘n Ander eThekwini-kennisgewing dui op die strukturele krake op haar eiendom, wat as gevaarlik vir lewe en eiendom beskou word. Giyapersad het aan Ezemvelo geskryf en ‘n vergadering van alle relevante belanghebbendes versoek, aangesien Umsizi nuwe persele gevind het en tyd nodig gehad het om die diere te hervestig.

Geen doel vir vergadering gesien nie

Op 3 Maart het Ezemvelo gesê hulle sien nie die doel van so ‘n vergadering nie, en het Umsizi aangeraai om die kennisgewing te volg, anders sou wettige maniere gebruik word om die situasie reg te stel. Giyapersad het geantwoord die skielike sluiting van Umsizi sal tot die dood van die diere lei en dat haar kliënt tyd nodig het om te verhuis. Daarom was ‘n vergadering nodig om hulp en leiding van Ezemvelo en eThekwini te ontvang.

Rowles het gesê tot op hede is geen reaksie ontvang nie.

Geen veearts of lasbrief tydens verwydering van die blouape nie

Rowles sê daar was nie ‘n veearts teenwoordig tydens die verwydering van die blouape nie. ‘n Ezemvelo-beampte het aan haar gesê daar was nie ‘n lasbrief vir die verwydering van haar ape nie. Hulle het ook geweier om haar te sê waarheen hulle geneem word. Sy is na die polisiestasie geneem waar sy ‘n hofdatum ontvang het.

Rowles sê Ezemvelo het nie die regte toerusting gehad om haar blouape te vervoer nie. Hulle het ook nie langs die pad gestop om die diere te laat afkoel nie.

Verteenwoordigers van Giyapersad se kantoor het die voertuig met ape gevolg. Hulle moes terugval omrede die drywer glo roekeloos op die pad geraak het.

Blouape-hofsaak is 5 Mei

Rowles het vermoed haar blouape gaan uitgesit word. Sy het probeer om dit te voorkom deur haar hofaansoek dadelik in te dien.

Regter Piet Koen het die verwydering van enige ander blouape verbied tot die saak op 5 Mei voorkom. Hy het ook besluit dat die liggaam van Marty, ‘n alfamannetjie wat Rowles tydens die verwydering van haar blouape moes vashou sodat hy kon kalmeer, aan Rowles teruggegee moet word. ‘n Nadoodse ondersoek sou gedoen word, aangesien hy glo tydens die operasie beseer is. Later is aan Rowles bekendgemaak dat sy liggaam reeds veras is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: