April 21, 2021

Taxidrywer ignoreer passasiers se pleidooie – vier oorlede

"Die water het oor die brug gestroom. Die bestuurder het ons nie geantwoord toe ons hom smeek om nie oor die brug te gaan nie. Ons almal het geskree van vrees toe hy voortgaan, maar ons krete het op dowe ore geval."

"Die water het oor die brug gestroom. Die bestuurder het ons nie geantwoord toe ons hom smeek om nie oor die brug te gaan nie. Ons almal het geskree van vrees toe hy voortgaan, maar ons krete het op dowe ore geval." (Foto: IOL)

DURBAN.- ‘n Taxidrywer van hier se lot is in die hande van die hof, nadat hy sy passasiers se pleidooie om nie ‘n laagwaterbrug wat oorstroom was oor te steek nie, geïgnoreer het. Vier mense het tydens die voorval verdrink.

Volgens IOL het polisielede Sondag die liggame van Siphokuhle Chonco (28) en Zama Ziqubu (48) gevind. Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê hulle het nog nie die lyke van ‘n 18-jarige en ‘n 35-jarige gevind nie.

‘n Vrou wat die voorval oorleef het, sê die passasiers het die taxidrywer gesmeek om nie die brug oor te steek nie, omdat dit baie gevaarlik gelyk het.

“Die water het oor die brug gestroom. Die bestuurder het ons nie geantwoord toe ons hom smeek om nie oor die brug te gaan nie. Ons almal het geskree van vrees toe hy voortgaan, maar ons krete het op dowe ore geval.”

Die bestuurder is nie in hegtenis geneem nie, maar owerhede het ‘n dossier oopgemaak. Die hof sal besluit of hy vervolg sal word of nie.

Lees ook: R20 veroorsaak dat man doodgeskiet word

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: