February 26, 2021

R20 veroorsaak dat man doodgeskiet word

JOHANNESBURG.- ’n Man van Diepsloot is doodgeskiet omrede hy nie ’n R20 gehad het nie.

Foto: Pixabay

JOHANNESBURG.- ’n Man van Diepsloot is doodgeskiet omrede hy nie R20 gehad het nie.

Volgens Eyewitness News het Saki Mokoka Maboatle (20) Sondag saam met ’n vriend gaan stap toe ’n onbekende man hom vir geld genader het. Omdat hy nie geld by hom gehad het nie, is hy doodgeskiet.

Clara Maboatle, sy niggie, sê die familie is met meer vrae as antwoorde gelaat en hul worstel oor die motief vir die moord.

Die familie beskryf Maboatle, wat by die Braynston Country Club gewerk het, as ’n snaakse, energieke mens. Hy het sy jonger suster ondersteun met die verdienste wat hy uit sy werk ontvang het.

Maboatle sê sy was eerste op die toneel. “Toe ek daar aankom, is daar vir my gesê dat ‘n man het my neef vir R20 gevra. My neef het gesê hy het nie geld nie, die man het toe ‘n geweer uitgehaal en hom in die voorkop geskiet.”

“Selfs nou is ons nog steeds geskok dat hierdie persoon net besluit het om my neef te skiet.” Die familie is hartseer en geskok en wonder oor die motief vir die aanval.

Verdere informasie oor die skieter is onbekend.

lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: