Liggaam van jong vrou in helfte gesny langs Durban-pad gevind

Deel hierdie storie / Share this story

DURBAN. – Die liggaam van ‘n jong vrou is Donderdagoggend langs die pad naby Pinetown gevind. Die vrou se liggaam is in die helfte deurgesny en in twee verskillende swartsakke ingedruk.

Volgens IOL het kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die SAPD, bevestig dat ‘n ondersoek na moord reeds van stapel gestuur is. Vermoedlik is daar ‘n verbintenis tussen die liggaam van die jong vrou en die jong vrou wat laasnaweek weggeraak het in die KwaDabeka-gemeenskap.

Volgens plaaslike bronne word die vrou wat vermis is se kêrel as ‘n verdagte beskou en daar is ‘n moontlikheid dat geslagsgebaseerde geweld (GBV) tot die misdaad gelei het.

Lees ook: Drie verdagtes in hegtenis vir 17-jarige meisie se verkragting