April 19, 2021

Melktertjaffels – resep

Melktertjaffels – resep

Melktertjaffels – resep

Is jy lief vir melktert? Is jy lief vir jaffels? Hier is ’n heerlike resep vir melktertjaffels wat jy moet probeer.

Bestanddele:

  • 1l melk
  • 6 eetlepels suiker
  • 1 eetlepel margarien
  • 2 eiergele
  • 2 eierwitte 
  • ½ koppie melk (apart van die res)
  • 4 eetlepels mielieblom 
  • 2 eetlepels koekmeel 
  • 1 eetlepel vanielje 
  • botter vir smeer
  • brood

LEES OOK: Dokters vergeet glo om vrou tydens keiser te steriliseer

Metode:

Vulsel:

  • Kook 1melk.
  • Meng 6 eetlepels suiker en 1 eetlepel margarien saam met die melk.
  • Klits 2 eiergele saam met ’n halwe koppie melk.
  • Voeg dan 4 eetlepels mielieblom en 2 eetlepels koekmeel daarby.
  • Voeg by melkmengsel en roer aanhoudend om klonte te voorkom.
  • Klits eierwitte styf en laat staan eenkant.
  • Wanneer die mengsel styf genoeg is, haal dit van die stoof af.
  • Vou 1 eetlepel vanielje-geursel en eierwitte by die mengsel.
  • Laat heeltemal afkoel.

Jaffels:

  • Smeer snye brood net aan die buitekante met botter.
  • Sit een sny in jaffelpan en skep ± 2 eetlepels vulsel daarop.
  • Sit ander sny met botter kant na buite en maak jaffelpan toe.
  • Laat albei kante bruin raak.
  • Haal van stoof af. Sit in ’n bord en strooi kaneelsuiker oor beide kante.

LEES OOK: Tien maande oue baba vermis

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: