April 19, 2021

Hoe om iemand te help wat deur ’n moeilike tyd gaan

Dit is altyd ’n goeie idee om iemand wat deur ’n moeilike tyd gaan of hartseer is, uit te neem vir koffie of ’n fliek.

Hoe om iemand te help wat deur ’n moeilike tyd gaan

Hoe om iemand te help wat deur ’n moeilike tyd gaan

Irene Haasbroek, kognitiewe gedragsterapeut, lewensafrigter en berader, gee raad oor jy iemand kan help wat deur ’n moeilike tyd gaan.

Mense dink altyd jy moet weet wat om te sê of ’n oplossing vir ander se probleme hê om hulle te help. Dit is nie waar nie.

LEES OOK: Verskeie paaie na Kimberley deur optogte gesluit

Hier gee Irene raad om iemand op ’n maklike manier deur ’n moeilike tyd te help.

  • Probeer jouself in daardie persoon se skoene in te dink. Probeer dink wat daardie persoon moontlik dink en voel.
  • Wanneer iemand groot hartseer ervaar, kyk daardie persoon gewoonlik verby die klein dingetjies. Jy kan daardie persoon help om aan te bied om vir hulle winkel toe te gaan, melk te koop of selfs huistake en ander alledaagse take te verrig.
  • Dit is altyd ’n goeie idee om iemand wat deur ’n moeilike tyd gaan of hartseer is, uit te neem vir koffie of ’n fliek. Wees voorbereid op die moontlikheid dat daardie persoon nie veel gaan wil praat nie, selfs glad nie. Die idee is om die persoon uit die roetine te kry van net in die bed of voor die televisie te lê.
  • Verstaan as die persoon nie wil praat oor wat seermaak nie. Verstaan ook as daar geen interaksie plaasvind nie. Jy help deur om net daar te wees, al sit jy net by die persoon in stilte.
  • Wees beskikbaar wanneer die persoon reg is om te praat. Maak seker jy gee jou volle aandag.
  • Wanneer die persoon met jou praat oor hoe sy/hy voel, hoef jy nie te antwoord nie. Jy kan net luister, al voel mens altyd jy moet raad of oplossings hê vir ander se probleme.
  • Die oplossing lê dikwels in jouself, jy het net nodig om te praat. Al wat jy as familielid of vriend hoef te doen, is om te luister.
  • Wanneer mense hulself blameer vir iets wat gebeur het of selfhaat toon, kan jy hulle verseker dit is nie hulle skuld nie.
  • Mense is geneig om nie betrokke by iemand te raak wat deur ’n moeilike tyd gaan nie, omdat hulle voel hulle nie ’n oplossing vir daardie persoon het  nie. Raak betrokke en help waar jy kan.

LEES OOK: Wenke met koeksoda

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: