Spek, aspersies en saggekookte eiers
Ontbyt vir vandag.

Spek, aspersies en saggekookte eiers
Vinnige, gesonde, banting-vriendelike ontbyt vir vandag.
LEES OOK: R3.5 miljoen om Jonkershoek-brande te blus
Bestanddele:
- 250 g repies spek
- 200 g aspersies
- 6 eiers
- 40 g botter
- sout en peper
Metode:
- Kook die eiers vir 4.5 minute in water.
- Verwyder uit die water.
- Braai die spek in die botter tot bros.
- Verwyder van hitte.
- Kook ( blanseer) die aspersies vir ‘n paar sekondes in die eiers se kookwater.
- Braai dan aspersies in die pan waarin jy die spek gaargemaak het.
- Dop die eiers af.
- Skep die spek en aspersies op ‘n opdienbord, asook die sous wat in die pan oorbly.
- Sny eiers in die helfte en plaas dit bo-op.
- Geur met sout en peper.
- Geniet.
LEES OOK: EFF beplan vreedsame optog op Barkly-Wes