April 19, 2021

Praat met jou kinders oor seks

Dit kan moeilik wees om te weet waar om te begin, veral as jou ouers nie met jou oor seks gesels het toe jy grootgeword het nie.

Praat met jou kinders oor seks

Praat met jou kinders oor seks

Om met jou kinders oor seks te praat, is miskien nie maklik nie, maar dit is belangrik en dit is nooit te vroeg om te begin nie. Jy kan ’n groot verskil maak om hulle te help om gesond te bly en goeie keuses te maak as hulle grootword.

Dit kan moeilik wees om te weet waar om te begin, veral as jou ouers nie met jou oor seks gesels het toe jy grootgeword het nie. 

LEES OOK: KYK!: Vier lokomotiewe ontspoor

Die volgende wenke kan help:

  • Praat vroeg en gereeld. Jy hoef nie alles in een gesprek in te pas nie.
  • Wees gereed om vrae te beantwoord. Kinders se vrae kan jou baie vertel oor wat hulle reeds weet.
  • Luister mooi, selfs al stem jy nie saam met jou kind se opinie nie.
  • Probeer om dinge wat op TV of in musiek verskyn, te gebruik om ’n gesprek te begin.
  • Wees eerlik oor hoe jy voel. As jy byvoorbeeld skaam of ongemaklik is, is dit goed om dit te sê.
  • Sê vir jou kinders dat puberteit ’n normale deel van die grootwordjare is.
  • Deel feite om hulle te help om hul veranderende liggame en gevoelens te verstaan.
  • Praat oor jou eie ervarings toe jy grootgeword het.
  • Praat oor teenoorgestelde geslag- en dieselfde geslagverhoudings.
  • Praat met jou tiener oor die voorkoming van seksueel oordraagbare siektes.
  • Praat met jou tiener oor die opsies van voorbehoedmiddels op die mark.

LEES OOK: ‘Dit was wonderlik toe my broekgrootte al hoe kleiner raak’

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: