Man drink remvloeistof in poging om selfdood te pleeg

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL.- ’n Man van hier het oomblikke nadat hy ’n bottel remvloeistof gekoop het, dit gedrink in ’n poging om selfdood te pleeg.

Volgens Reaksie-eenheid Suid-Afrika (RUSA) het ’n Isuzu-bakkie by die RUSA-kantoor opgedaag, ’n Man het aan hul verduidelik dat die insittende ’n bottel remvloeistof by ’n motoronderdele-handelaar gekoop het.

Die man het gesê ’n passasier wat agterop sy bakkie gesit het, het gesien hoe die man oorkant die straat staan en die remvloeistof drink, terwyl hy ’n bier in die ander hand vashou.

Die passasier het van die bakkie afgespring en die bottel remvloeistof gegryp, maar die bottel was so te sê leeg.

Hy is by RUSA gestabliseer en na ’n hospital geneem.

Lees ook: Khayelitsha-gemeenskapslede val glo polisiebeamptes aan