April 21, 2021

EFF wil De Ruyter vervang met bekwame Afrika-bestuurders

SUID-AFRIKA. - Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het in ’n verklaring op Donderdag bekend gemaak dat hulle nie kan agteroorsit en kyk hoe ’n wit man Suid-Afrika se energiesekuriteit bedreig nie.

(Foto: eNCA) SUID-AFRIKA. - Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het in ’n verklaring op Donderdag bekend gemaak dat hulle nie kan agteroorsit en kyk hoe ’n wit man Suid-Afrika se energiesekuriteit bedreig nie.

SUID-AFRIKA. – Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Donderdag in ’n verklaring bekendgemaak dat hulle nie kan agteroorsit en kyk “hoe ’n wit man Suid-Afrika se energiesekuriteit bedreig nie.”

In die verklaring wat op 18 Maart 2021 vrygestel is, spreek die EFF sy kommer uit oor ‘n aankondiging van Andre de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom. In die aankondiging maak hy bekend dat Suid-Afrika vir die volgende vyf jaar nog beurtkrag kan verwag.

Die EFF sê die vraag na energie was kleiner tydens die inperking

Die party het ook genoem dat die land vir amper ’n jaar lank onder inperking was. In dié tydperk het die land 800 ure beurtkrag gehad. Volgens die EFF moet hierdie ’n indikasie wees dat Eskom se bestuurder nie die kapasiteit het om die land se energie-krises op te los nie .

“Ons kan nie terugsit en toekyk hoe ’n wit man die land se energiesekuriteit bedreig en die ineenstorting van Eskom laat toeneem nie, net sodat hy dit aan sy wit vriende kan oorgee.”

Verder eis die EFF in die verklaring dat Andre de Ruyter en Pravin Gordhan, die minister van publieke ondernemings, dadelik vervang sal word met bekwame Afrika-bestuurders en leiers om Eskom voorentoe te neem.

Lees ook: EFF op soek na verlore baret, ‘ons sal van deur tot deur gaan’

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: