April 21, 2021

Cream Cracker-blokkies

Klits die eiers, vlapoeier en vanieljegeursel saam.

Cream Cracker-blokkies

Cream Cracker-blokkies

Probeer hierdie lekkernye!

Bestanddele:

  • 1 tot 2 pakkies Cream Crackers
  • 1 liter melk
  • 1 blikkie kondensmelk
  • 1 teelepel vanieljegeursel
  •  3 eiers
  • 2 eetlepels margarien
  • 80 ml vlapoeier
  • 2 koppies versiersuiker
  • 40 ml kookwater

LEES OOK: Kuberafknouery: selfskending, anoreksie en seksuele probleme

Metode:

  • Mikrogolf op hoog: die kondensmelk, melk en margarien, tot kookpunt. Roer na 5 minute. Sal na ongeveer 10 minute kook.
  • Klits die eiers, vlapoeier en vanieljegeursel saam.
  • Voeg ’n bietjie van die warm melkmengsel by die eiermengsel, roer goed en voeg dan die eiermengsel by die melkmengsel.
  • Mikrogolf 5 minute op hoog, roer ongeveer elke minuut.
  • Klits tot glad.
  • Rangskik die Cream Crackers onder in ’n gesmeerde houer, gooi die vlamengsel daaroor en voeg dan nog ’n laag Cream Crackers by.
  • Laat in die yskas om heeltemal af te koel.
  • Meng die versiersuiker met die kookwater en giet dit oor die skywe. Sit weer ’n paar uur in die yskas.
  • Sny in blokkies.

LEES OOK: Steeds dapper na tweede skok

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: