April 19, 2021

Vier gewoontes wat jou verhouding skade kan berokken

Natuurlik is dit normaal en natuurlik om dit van tyd tot tyd te vergeet.

Vier gewoontes wat jou verhouding skade kan berokken

Vier gewoontes wat jou verhouding skade kan berokken

Almal dink altyd dat dit net ’n buite-egtelike verhouding is wat jou huwelik kan kelder, maar sonder om dit eers te besef, kan sekere dinge veroorsaak dat jy jou verhouding vergiftig.

Hier is vier dinge wat jou verhouding kan beskadig:

LEES OOK: Pasop! Hoekom jy nie iemand se gesig in ’n koek moet druk nie

Deur nie ‘asseblief’ en ‘dankie’ te sê nie

Natuurlik is dit normaal en natuurlik om dit van tyd tot tyd te vergeet. As dit egter ’n gewoonte word, kan jy die risiko loop om jou maat te verloor. Deur asseblief en dankie te sê, wys jy vir jou maat dat jy nie net waardeer wat hy/sy vir jou doen nie, maar dat jy sy/haar tyd en moeite respekteer.

Te gemaklik te raak

Dit is ’n seën om iemand te vind wat van jou sal hou, ongeag jou onvolmaakthede. Almal moet gemaklik kan voel en hulleself kan wees sonder om geoordeel te word. Nietemin, as om gemaklik te wees te ver gaan, kan dit ’n probleem word. Net soos almal verdien om gemaklik te wees, verdien almal om waardeer te word. Deur lui te raak en nie moeite met die verhouding te doen nie, kan jy jou maat laat voel asof jy hom/haar vanselfsprekend aanvaar. Dit is belangrik om die vonk lewendig te hou as jy wil hê dat jou verhouding moet hou.

Gebrek aan vertroue

Na liefde is vertroue die belangrikste element. As jy nie jou maat vertrou nie (of andersom), sal jou verhouding vinnig verbrokkel. Jy kan jou maat beheer of versmoor te laat voel as jou gebrek aan vertroue te ver gaan.

Jy is altyd op jou foon

As jy heeltyd op jou foon werk as jy saam met jou maat is, kan jy jou verhouding vernietig. Wanneer jy dit doen, voel jou maat asof hy/sy nie jou prioriteit is nie en dat hy/sy jou verveel. Op die ou end wil niemand in ’n verhouding wees waar hulle nie waardeer word nie en as vanselfsprekend beskou word.

LEES OOK: Miss Bachelorette-finalis wil vroue opbou

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: