April 21, 2021

Wat sê jou tong van jou gesondheid?

Tongdiagnose in Chinese medisyne is ’n metode om siektes aan te dui deur visuele inspeksie van die tong en sy verskillende kenmerke.

Wat sê jou tong van jou gesondheid?

Wat sê jou tong van jou gesondheid? Foto: iStock

Wanneer laas het jy in die spieël na jou tong gekyk? Het jy geweet jou tong kan baie oor jou gesondheid verklap? Die kleur, vorm en voorkoms van jou tong kan ’n onderliggende probleem aandui.

Knoppe en kolle in jou mond kan skadeloos wees. Infeksies, stres, medikasieprobleme en selfs veroudering kan merke op jou tong maak.

Tongdiagnose in Chinese medisyne is ’n metode om siektes aan te dui deur visuele inspeksie van die tong en sy verskillende kenmerke. Sommige mense glo tot dat jou tong ’n hartaanval kan voorspel.

LEES OOK: Steeds dapper na tweede skok

Hier is waarna jy kan kyk:

Wit kolle – Dit kan heel moontlik mondsproei wees. Die kondisie is maklik met die regte medikasie behandelbaar.

Swart, harerige tong – Dit kan dui op infeksie, diabetes, kankerbehandeling of swak mondhigiëne.

Rooi en wit kolle – Geen probleme. Dit is algemeen

Bloedrooi tong – Dit kan op n tekort aan foliensuur, vitamiene B12 of yster dui. Dit kan ook beteken dat jy koors het.

Seertjies op die tong – Dit kan moontlik die herpes-virus of kankersere wees.

Lees meer hier oor ander tekens wat jou tong vir jou kan wys.

LEES OOK: Nuwe brandstofpryse kan volgende maand skok

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: