JAMAIKA. – Yohan Blake (31), een van die wêreld se top-naellopers, is een van diegene wat weier om die Covid-19-inenting te ontvang.
“Ek voel steeds baie sterk daaroor. Ek wil nie die entstof hê nie. Ek sal eerder die Olimpiese Spele misloop voor ek die entstof neem. Ek wil nie verder daaroor uitbrei nie, maar ek het redes vir my besluit,” het Blake gesê na hy by een van agt plaaslike byeenkomste in Jamaika deelgeneem het.
Die Jamaikaanse regering sal die inenting eerste vir werkers wat aan die voorpunt teen die virus veg en aan bejaardes beskikbaar stel.



