Hier is ‘n paar etiketfoute, waarop Reader’s Digest wys, wat jy eerder nie meer moet maak teen die ouderdom van 30 nie.
1. Verleentheidstories in ‘n heildronk deel
2. Nies in jou hande
3. Jou servet gebruik om jou neus te blaas
4. Jou foon op die eettafel sit
5. Emoji’s in jou werks-e-posse gebruik
6. Foute in tekste of e-posse van jou foon af stuur
7. ‘n Handdruk as ‘n manier van oorheersing gebruik
8. Alles wat jy doen op sosiale media pos
9. Te sit wanneer jy aan iemand voorgestel word
10. Op jou eie ‘n heildronk drink
11. Nie te RSVP nie
12. Om met ‘n ongenooide gas op te daag
13. Te vergeet om ‘n bedankingsbriefie te skryf
14. Jou vurk op die tafel tussen happies neersit
15. Jou oorfone in te hou wanneer jy met iemand praat
16. Jou luidspreker in openbare plekke te gebruik
17. Op jou foon tydens ‘n fliek wees
18. Om “dankie” te antwoord met “geen probleem”



