Algemene “feite” oor honde wat heeltemal vals is

Deel hierdie storie / Share this story

Jy dink dalk dat jy alles weet van honde wat daar is om te weet, maar dit is heeltemal moontlik dat jy ‘n paar algemene “feite” glo wat eintlik vals is.

Met die hulp van veeartse, honde-afrigters en gedragskenners, ontbloot Reader’s Digest die grootste mites.

‘n Swaaiende stert beteken ‘n gelukkige hond

Alhoewel ‘n swaaiende stert dikwels ‘n opgewonde of gelukkige hond aandui, is dit nie altyd die geval nie.

‘n Stert wat vinnig na regs swaai, beteken gelukkigheid om hulle eienaar te sien, maar stadige swaai van ‘n stert wat halfpad stop, kan vrees of onsekerheid beteken.

Daarbenewens kan ‘n stert wat baie hoog gehou word en uiters vinnig geswaai word, vir sommige honde vrees of aggressie beteken.

Stertswaai is net een manier waarop jou hond met jou kommunikeer.

Jy kan nie ‘n ou hond nuwe truuks leer nie

Dit is waar dat klein hondjies sponsies is, wat dit so maklik maak om hulle nuwe dinge te leer met sagte, positiewe versterkingsmetodes.

Maar moenie fout maak nie, ou honde kan ook leer. Hoewel ouer honde ‘n bietjie moeiliker kan wees om op te lei as hulle probleme met sig, gehoor of mobiliteit het. Solank hulle brein egter in ‘n goeie toestand is, kan hulle sonder twyfel opgelei word.

Honde sien net in swart en wit

Honde kan ‘n bietjie kleur sien, maar die spektrum is beperk.

Mense en die meeste ander primate het drie soorte keëls in hulle oë, wat hulle trichromaties maak, terwyl honde bisromaties is.

Omdat honde bisromaties is, het hulle die neiging om groen en rooi te meng.

Jy moet toelaat dat honde wat jy pas ontmoet het, aan jou hand snuif

Eintlik moet jy nie jou hand uitsteek na enige hond wat jy pas ontmoet het nie.

Om jou hand uit te steek, kan verkeerd vertolk word as ‘n teken van aggressie, en ‘n hond kan jou byt.

Dit is beter om net kalm te wag totdat die hond na jou toe kom, as hy daarin belangstel.

Een hondejaar is gelyk aan sewe mensejare

Alhoewel honde vinniger verouder as ons, is die sewe-tot-een-verhouding nie heeltemal akkuraat nie.

Hulle vergelykende ouderdom hang heeltemal af van ras, grootte en genetiese samestelling. Hoe groter jou hond is, hoe vinniger word hy ouer.

As ‘n hond se neus warm en droog is, beteken dit dat hy siek is

Daar is ‘n voortgesette hondemite dat ‘n gesonde hond se neus altyd koud en nat is.

Warm en droë neuse is egter heeltemal normaal, so moenie bekommerd wees as dit die gewone toestand van jou hond se snoet is nie.

Alles, van droë lug tot allergieë tot bloot ‘n middagslapie, kan die nattigheid beïnvloed.

Lees meer hier.