Braaiwenk vir die week: Hier is jou visbraaigids

Deel hierdie storie / Share this story

Wonder jy wat die ideale tyd is om verskillende tipe vis te braai? Wel, hier is net die gids vir jou:

  • Salmfilette: ses tot agt minute per kant
  • Salm- of tornynsteaks: vyf minute per kant (minder vir tornyn as jy dit rou wil hê)
  • Forelfilette: vier minute per kant
  • Klein heel vis: sewe minute per kant
  • Groot heel vis: 15 minute per kant

Wenk: As jou hele vis gevul is, laat ‘n paar minute ekstra per kant toe.

Wat is jou braaiwenk vir die week?

Bron: Yuppiechef