Hier is advies van regte ouers oor hoe hulle hulle kinders se vloermoere hanteer. Of jy nou met twee-, drie- of vierjarige woedebuie te doen het, die truuks kan dalk vir jou werk.
1. Probeer ‘n afkoeltyd (time-out)
“As my 16 maande oue peuter optree, sit ek haar in ‘n stoel en hou haar daar met my hand op haar buik. As ‘n kind van daardie jong ouderdom ‘n ineenstorting het, weet hulle dikwels nie hoe om hulself weer bymekaar te maak nie.
“So ek hou haar net daar en sê vir haar om diep asem te haal. Ons bly daar totdat sy bedaar en ek kan met haar praat oor wat gebeur het.” – Michelle LaRowe
2. Gee haar ‘n druk
“Dit klink mal, maar soms gee ek my dogter groot drukkies as ek met vierjarige vloermoere te doen het. Dit werk amper elke keer – as ek my eie humeur en woede kan beheer om te onthou om haar ‘n groot druk te gee.
“Ek dink dit laat haar veilig voel en herinner haar daaraan hoe lief ek vir haar is. Normaalweg kan ons na ‘n groot drukkie meer rasioneel praat en in die eerste plek aandag gee aan wat dit begin het.” – Chris Harbison
3. Kyk anderkant toe
“Met my tweejarige ignoreer ek haar net as sy ‘n vloermoer het. Sy stop as sy nie aandag kry of kry wat sy wil hê nie. As sy haar voete skop en skree as sy gefrustreerd is, vra ek haar om te kalmeer en haar woorde te probeer gebruik.” – Alison Shields
4. Bied ‘n alternatief aan
“My 21 maande oue word gefrustreerd as hy nie alles mag doen wat sy vyfjarige broer doen nie. As hy regtig ontsteld is, sal hy sy kop teen die vloer begin kap. Aanvanklik was ek baie bekommerd hieroor. Ek het hom ‘n kussing begin gee, wat hom baiekeer meer ontsteld gemaak het.
Die een ding wat lyk asof dit werk, is om te sê: ‘Ek weet jy is gefrustreerd. Is jy klaar jou kop gekap? As jy is, kan ons ‘n boek gaan lees.’ Uiteindelik het die idee om iets anders te doen, hom laat stop.” – Heather Martin.
5. Moet nooit ingee nie
“As my vierjarige kwaad word omdat hy ‘n koekie wil hê, dan is daar net geen manier dat hy ‘n koekie gaan kry nie. En as hy voortgaan met die soort gedrag, sal hy ook ander dinge verloor.
“Nou besef hy dat vloermoere hom nêrens gaan bring nie, so hy doen dit nie meer nie.” – Tanya Mitchell



