Steve Hofmeyr gee Coke op na ‘wees minder wit’ debakel

Deel hierdie storie / Share this story

Steve Hofmeyr het vandag op sy Facebook-blad gesê as hy SAB kon opgee, kan hy Coke ook opgee.

’n Foto van Steve waar hy ’n blikkie Pepsi vashou, is saam met die stelling geplaas. “Klein verstellings maak ’n wêreld se verskil.”

Menige mense gaan glo nou Coke vermy nadat die wêreldwye maatskappy werkers gevra het om ‘minder wit’ te probeer wees.

Francois van Coke het ook op sy Instagram-profiel gespot en voorstelle gevra waarna hy sy naam moet verander. “Ek wil nie Francois van Pepsi wees nie asseblief. Enige ander voorstelle?”

LEES OOK: Coca-Cola sê hulle werkers moet probeer om minder wit te wees