Daar is soveel maklike en vinnige hoender maaltye wat jy kan maak met net vyf bestandele.
Vandag kyk ons na ‘n resep vir pesto-hoender-gebak.
Pesto-hoender-gebak
Hierdie resep kan nie eenvoudiger wees nie. Sit pesto, mozzarellakaas en gesnyde tamaties (of pastasous) op die hoenderborsies, bak dan totdat die hoender gaar is en die kaas goudkleurig gesmelt is.
Bestanddele
6 hoenderborsies
2 x 170 g potjies basilpesto
4 medium tamaties, in skywe gesny
6 – 12 snye mozzarellakaas
Metode
Voorverhit die oond tot 180°C. Geur hoenderborsies met sout en peper.
Opsionele stap: Terwyl die oond voorverhit, kan jy olyfolie of botter in ‘n pan verhit. Sodra dit warm is, voeg die hoenderborsies by en braai dit vir een tot twee minute aan elke kant. Die hoender moet nog rou in die middel wees.
Rangskik hoenderborsies op ‘n bakplaat.
Gebruik ‘n lepel om die hoender met pesto te bedek.
Plaas een tot twee snye mozzarellakaas en twee gesnyde tamaties op elke hoenderborsie.
Bak vir 20 tot 30 minute, of totdat die hoender nie meer pienk in die middel is nie. Braai die hoender vir die laaste twee minute, sodat die kaas borrelend en goudkleurig is.
Sit dadelik voor.
Bron: www.tasty.co



