DELMAS. – ’n Man in sy vyftigs is in ’n botsing tussen ’n bakkie en ’n vragmotor op die R42 op Delmas dood.
Die vragmotor en die bakkie het reg van voor teen mekaar gebots, waarna die bakkie glo ongeveer 50 meter verder oor die sleepwa wat hy gesleep het, gedruk is.
LEES OOK: Grandpa van Namibiese rakke verwyder
ER24-paramedici was om 11:41 op die toneel. Die vasgekeerde bestuurder van die bakkie het reeds aan sy noodlottige beserings beswyk toe paramedici op die toneel gekom het. Hy is dood verklaar.
Die bestuurder van die vragmotor was op die toneel. Hy het ligte beserings opgedoen en is behandel en na ’n private hospitaal vir verdere sorg vervoer.
Die brandweer het opgedaag om die bestuurder uit die wrak te haal en die toneel is aan die Suid-Afrikaanse polisiediens oorhandig.
Lees meer artikels hier.



