NAMIBIË. – Grandpa-pille en -poeiers is van rakke in Namibië verwyder nadat die medisyne nie klimaatstabiliteitstoetse geslaag het nie.
Die Namibiese medisynereguleringsraad het aangekondig alle tablette en poeiers wat deur GlaxoSmithKline vervaardig word, moet herroep word.
LEES OOK: Tiger Wood ernstig in ongeluk beseer
“Die herroeping is die gevolg van die feit dat die stabiliteitstudies op 30 grade misluk het. Hierdie produkte is dus nie geskik om onder klimaatsone IV, waarin Namibië voorkom nie, geberg te word nie,” het die raad se mediese registrateur, Johannes Gaeseb, Vrydag in ’n verklaring gesê.
Grandpa -en -poeiers mag tot verdere kennisgewing nie in Namibië ingevoer of gebruik word nie.
Lees meer artikels hier.



