Vyf-bestanddeel-hoender-maaltye: Fajita-salsa hoender – resep

Hoenderborsies, soetrissie, ui, salsa en suurlemoen is alles wat jy nodig het om hierdie smaakvolle dis te maak.

Fajita salsa hoender. Foto: Roman Odintsov

Fajita salsa hoender. Foto: Roman Odintsov

Daar is soveel maklike en vinnige hoender maaltye wat jy kan maak met net vyf bestandele.

Vandag kyk ons na ‘n resep vir fajita-salsa hoender in ‘n slow cooker.

Fajita-salsa hoender

Hoenderborsies, soetrissie, ui, salsa en suurlemoen is al wat jy nodig het om hierdie smaakvolle dis te maak. Bedien dit in taco’s, oor rys of met ‘n slaai.

Bestanddele

900 g hoenderborsies of dye, sonder vel en been

1-2 uie, dun gesny

1-2 soetrissies rooi, geel, oranje of groen, dun gesny

1 klein botteltjie salsa

½ teelepel sout

sap van 1 lemmetjie, ongeveer 2 eetlepels

Metode

Voeg die hoender, uie, soetrissies, ongeveer ⅔ van die salsa en sout in ‘n slow cooker en roer deurmekaar.

Bedek en kook vir vier ure op hoog, of p[ laag vir ses ure, of totdat die hoender en groente baie sag is.

Plaas die hoender oor na ‘n snyplank. Pluis met twee vurke of sny dit in stukke.

As daar baie vloeistof in die slow cooker is, kan jy dit afgooi of laat staan, afhangende van of jy ‘n droër of souserige dis wil hê.

Voeg die hoender, die oorblywende salsa en lemmetjiesap by, terwyl alles geroer word.

Proe en voeg bykomende sout, lemmetjiesap of salsa by as jy wil.

Bron: www.tasty.co

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: