February 26, 2021

Ligte vliegtuig val deur dak van gebou

Die presiese rede vir die voorval sal deur die Burgerligvaartowerheid ondersoek word.

OOS-RAND. – Paramedici van ER24 en nog nooddienste is Sondag na 14:00 ontbied toe ’n ligte vliegtuig deur die dak van ’n gebou in Alberton geval het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, sê die vlieënier en die mede-vlieënier is ondersoek en daar is bevind hulle het geen ernstige beserings opgedoen nie. Volgens Vermaak is hulle daarna na ’n hospitaal geneem.

Die ligte vliegtuig het vermoedelik vanaf Bloemfontein gevlieg toe dit hoogte verloor het. Die presiese rede vir die voorval sal deur die Burgerlugvaartowerheid ondersoek word.

LEES OOK: Kiki.la.coco laat TikTokkers woedend oor ‘GBV’

Volg FiND iT hier vir sie nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: