Misdaadstatistieke bekendgemaak, Inanda teken 83 verkragtings aan

Cele sê altesaam het 12 218 verkragtings tussen Oktober en Desember verlede jaar plaasgevind.

Bheke Cele. Foto verskaf.

INANDA. – Die kwartaallikse misdaadstatistieke wat strek van 1 Oktober 2020 tot 31 Desember 2020 het gewys Inanda, noord van Durban, is steeds die land se verkragtingshoofstad.

Inanda, waar 85 verkragtings in die laaste kwartaal aangeteken is, is al vir die afgelope vier keer agtermekaar aangewys as die plek wat die meeste verkragtings aangeteken het. Hulle het die vorige kwartaal 83 gevalle gehad.

Tweede op die lys van die plekke wat die meeste verkragtings het, was Lusikisiki in die Oos-Kaap. Lusikisiki het 71 verkragtings aangeteken en derde is Umlazi met 69 verkragtings.

Die misdaadstatistieke is deur Bheki Cele, minister van polisie, bekendgemaak. Cele sê altesaam 12 218 aangemelde verkragtings het tussen Oktober en Desember verlede jaar plaasgevind. Volgens die polisie is dit ’n toename van 181 verkragtingsake. Dit is ’n 1,5% toename in vergelyking met die vorige verslagtydperk.

LEES OOK: Ongebore baba het hom geld aangebied om haar dood te maak, sê pa

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: