Die gewildste werksvaardighede tans in Suid-Afrika

Deel hierdie storie / Share this story

CareerJunction het hulle nuutste indeks gepubliseer wat toon watter werksvaardighede tans die gewildste in Suid-Afrika is.

Die afgelope maande is baie meer professionele persone binne die velde van medies en gesondheid, verkope, bemarking, argitektuur en ingenieurswese in aanvraag.

Gewilde werksgeleenthede gee ‘n aanduiding van poste wat gewilder geword het in die aanlyn arbeidsmark en ‘n onlangse toename gesien het.

CareerJunction sê die nuutste navorsing toon dat die volgende beroepsrigtings tans die gewildste vaardighede in die arbeidsmark is:

  • Sagteware-ontwikkeling
  • Middel- / departementbestuur
  • Verteenwoordiging / verkoopskonsultasie

Die IT-, sake-, bestuurs- en finansiële sektore is die gewildste sektore, gevolg deur verkope, administrasie, kantoor, argitektuur en ingenieurswese.

Lees meer hier.