“Sol se waterleuens ontbloot”

“Deurlopende watertekorte is dus die gevolg van wanbestuur, nie vloedwater nie.”

“Sol se waterleuens ontbloot”

“Sol se waterleuens ontbloot”

Met die hulp van ’n tegniese deskundige het die DA ses wanfunksionele besinkingsdamme by die Riverton-watersuiweringsaanleg ontbloot wat sedert September 2020 stukkend is.

“Dit beteken dat die filters nie weens die modderige vloedwater geblokkeer is nie, maar eerder dat sediment en alge deur die stelsel gevoer is as gevolg van ’n gebrek aan instandhouding van die infrastruktuur. Deurlopende watertekorte is dus die gevolg van wanbestuur, nie vloedwater nie,” sê Ockie Fourie, DA-raadslid.

“Ons het wel ’n verslag saamgestel oor ons verdoemende bevindings by die aanleg. Ons sal die verslag deel met die departement van water en sanitasie, wat ingestem het om ’n dringende inspeksie van die aanleg uit te voer, asook die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, vanaf wie ons ’n verwysingsnommer vir ons klag teen Sol Plaatje ontvang het.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: