Sommige mense is maar net van nature fotogenies en sommige sukkel om van hul selfies te hou. Neem jy ook honderde selfies en vind dan net een goed genoeg? Hier is ’n paar wenke van Cosmopolitan om jou te help.
- Neem die selfie van bo sodat jy kan opkyk na die kamera. Lig jou wenkbroue ’n klein bietjie op sodat jou oë groter vertoon. As jy wil glimlag op die foto, dink aan iets wat jou gelukkig maak. Dit sal die voorkoms skep van ware geluk wat op jou foto wys.

- Trek jou kop weg van jou skouers af om jou nek langer te laat lyk en jou kakebeenlyn duideliker te maak op die selfie.

- Neem die selfie van die kant af in plaas daarvan daarom van voor af te neem. Dit maak die foto interessanter en jy kan jou goeie aspekte uitlig.

- Ontspan jou mond en asem ook deur jou mond uit. Om deur jou mond uit te asem, sal jou help om jou lippe ontspanne te hou, asook sal dit jou lippe voller laat voorkom op die selfie.

- Poseer klaar en hou die kamera reg, draai dan stadig in die rondte tot jy die perfekte beligting kry en neem dan die selfie.

Lees meer artikels hier.



